EntertainmentLifestyle

Vonkelfees om die draai

Die Hervormde Kerk Witbank-Noord is baie hard besig met die beplanning van die jaarlikse Vonkelfees.

Die Vonkelfees word op 27 en 28 Februarie op die oop stuk grond langs Highveld Mall se onderdakparkering gehou.
“Vanjaar gaan ’n belewenis wees,” het me. Sandra Maritz, een van die organiseerders gesê.
Sy het genoem daar is beslis weer ’n mallemeule.

Mnr. en Mej. Vonkelfees asook die Vonkelvrou 2015 word gekies.
Inskrywings vir die Mnr. en Mej. Vonkelfees is R50. Vonkelvrou, jy weet al hoe werk dit, sy moet iets vir haar omgewing of mense beteken.
“Ons wil alle persone uitdaag vir potjiekos-kompetisie. Daar is lekker prys vir die beste potjie,” het Sandra gesê. Geen inskrywingsgeld vir dié kompetisie nie, die potjies moet net na die tyd geskenk word aan die fees en sal vir laat middagete verkoop word teen R40 per bord.
Stalletjies is beskikbaar teen R500 sonder krag en R700 met ’n kragpunt.

“Kom bespreek jou stalletjie vroegtydig en kom stal al jou mooi goedjies, handewerk, kunswerke en produkte uit,” het Sandra genooi.
Ingang na die Vonkelfees is gratis.

Vir meer inligting of om jou stalletjie te bespreek, skakel Sandra: 081 568 1480.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button