EntertainmentLifestyle

’n Warm Swartgoud Fees

Met tonne pret en vermaak by die Swartgoud Fees kon feesgangers amper vergeet van die koue.

Veral motor entoesiaste het hierdie jaar se fees terdeë geniet.
Daar was ietsie vir almal op Saterdag 6 Junie. Interessante en kleurvolle stalletjies het Laerskool Krielpark se gronde omtrent vol gestaan.

Die res van die plek is opgeneem deur verskeie pretritte asook ou en moderne skoumotors.
Daar was ’n groot hoeveelheid kategorieë waarin motoriste hul goue oues, nuwe luukses en ysterperde kon inskryf. Daar was tale pryse te wen en baie om te sien.

Die klassieke ou ysterperd en al sy trofee was op skou.
Die klassieke ou ysterperd en al sy trofee was op skou.

Feesgangers kon weereens lekker musiek geniet, met talle kunstenaars wat kom optree het. Die manne het hulself tuisgemaak in die biertuin om rugby te kyk, terwyl die jonges pretritte en speletjies geniet het op die feesgronde.

Sien meer fotos van die Swartgoud Fees hier.

Klein Carla het die fees saam haar Pappa, Wessie van der Westhuizen, geniet.
Klein Carla het die fees saam haar Pappa, Wessie van der Westhuizen, geniet.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button