EntertainmentLifestyle
Vodacom Bulle kom kuier
Die Vodacom Bulle het ‘n besige dag gehad tydens hul onlangse besoek aan die stad.
Op Woensdag 15 Julie het die Bulle foto’s saam met aanhangers geneem asook hul handtekeninge oor die kaartjies en hemde laat waai.
Daar was ‘n warboel van mense om elk ‘n foto te kry saam met Daniël Kriel, Ruan Steenkamp, Jamba Ulengo en Pierre Schoeman.
“Vodacom is so groot borg van die Bulle, ons het besluit om terug te gee aan die gemeenskap en ook dankie te sê aan Vodacom,” het Daniël Kriel gesê was die rede van hul besoek by dié selfoonwinkel in Highveld Mall.










































