Plaaslike hengelklub presteer
Koedoe Hengelklub het die ‘Challenge our Champs’ aangebied by Bronkhorstspruit Natuurreservaat.

Koedoe Hengelklub het die ‘Challenge our Champs’ aangebied by Bronkhorstspruit
Natuurreservaat.

Die Kosmos hengelaars is (van links): Ruan Prinsloo (gas-hengelaar), Nico Veldman, Zander Pohl, Dave Gravette, Louis Hoffman, en Frans Short.
Op 22 Augustus het Hermits Hengelklub eerste gekom met ’n totale gewig van 15.445kg, Kosmos Hengelklub het in tweede plek gekom met ’n totale gewig van 15.320kg, hulle is met ’n skrale 0.125g gewen en in die derde plek RPA Hengel klub met totale gewig van 11.445kg.
Van die 32 spanne wat ingeskryf het, het Kosmos twee spanne ingeskryf vir die kompetisie waarvan altwee spanne in die top 10 geëindig met die een span in tweede plek en die tweede span in negende plek.
Mooi gedoen Kosmos. Dit wil gedoen word.
Vir enige belangstelling of navrae kontak Jaco Nel (voorsitter): 079 876 8701 of Dave Gravett (sekretaris): 082 894 2877.
