WEN WEN WEN jou kaartjies vir Jennifer Zamudio!
Jennifer Zamudio het geen bekendstelling hier in eMalahleni nodig nie.

Jennifer Zamudio het geen bekendstelling hier in eMalahleni nodig nie.
Hierdie Weskus-nooi het al op talle verhoë in die stad opgetree en sy kom weer op 4 Junie kuier. Dié keer by Nashville.
Jennifer het aanvanklik die aandag getrek met haar pers hare en pers sonbril toe haar eerste album ‘Leef’ in 2001 uitgereik is.
Na 15 suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, het Jennifer ’n 15 Jaar Spesiale Uitgawe album op die tafel gelê. Hierdie was die perfekte kombinasie van kontemporêre hartsmusiek en ritmiese dansmusiek wat die voete laat jeuk het.
Met haar sielvolle stem, ritmiese musiek en sonnige verhoogpersoonlikheid het sy sonder twyfel diep in haar ondersteuners se harte kom nesskop.
Jennifer het haarself goed in die musiekbedryf gevestig as sanger-liedjieskrywer, en net soos wat sy daarvan hou om musiek met lekker woema te sing, is sy self gaande oor haar ernstige emosionele ballades, wat altyd haar kenmerkende alt stem tot sy volle reg laat kom. Jennifer is ‘verlief op die lewe’ en dit word beklemtoon in alles wat sy doen en aanpak. Haar energie is vir seker aansteeklik.
Van haar treffers sluit in: ‘Hart en siel’, ‘Ek sal berge klim vir jou’ en ‘Hart se loper’.
Kaartjies vir Jennifer se optrede is slegs R100 en die optrede begin om 20:00.
Vir diegene wat laat rugby gekyk het en nie kans gehad het om iets te eet nie, is daar heerlike pizza’s en geroosterde broodjies op die spyskaart.
“Mense is ook baie welkom om hul eie eetgoedjies saam te bring, sou hulle dit verkies,” het Nashville se bestuur gesê.
Wen, wen, wen
Kaartjies na Jennifer Zamudio se optrede by Nashville die komende naweek is beskikbaar. Die kaartjies verkoop soos soetkoek.
Jennifer Zamudio het geen bekendstelling hier in eMalahleni nodig nie.
Hierdie Weskus-nooi het al op talle verhoë in die stad opgetree en sy kom weer op 4 Junie hier by Nashville optree.
Een WITBANK NUUS leser staan elke dag kans om ’n dubbelkaartjie na Jennifer se optrede te wen.
Antwoord die volgende vraag: Waar tree Jennifer Zamudio die naweek op?
Die wenner sal om 18:00 aangekondig word.
