Groot fotokompetisie skop binnekort af
Witbank Fotoklub gaan binnekort ’n fotokompetisie aanbied, wat sommer groot pret sal wees, so hou gerus sosiale media dop.

Witbank Fotoklub gaan binnekort ’n fotokompetisie aanbied, wat sommer groot pret sal wees, so hou gerus sosiale media dop.
Die klub het Woensdag 18 Mei hulle maandelikse klubaand gehad waartydens Leon Drotsky van Bethal hulle foto’s beoordeel het.
Leon is ’n man wat hou van sy wit en swart foto’s maar hierdie keer het hy die lede weggevoer na Kroasië met sy ongelooflike skyfievertoning van die Plitvice Lakes.
Die wenners van die aand was: een-ster: Petrus Visagie met ‘Here I go’, twee-ster: Sarel Smith met ‘Antononv little Annie, drie-ster: Bekka Jacobs met ‘Strooitjie’, vier-ster: Roelf Ackerman met ‘Pied Kingfisher ‘Looking for food’, vyf-ster: Johan Frost met ‘Sea point’, magister brons: Sandra Grobler met ‘Glas vir glas, en magister silwer: Charlaine Gerber met ‘Let them be free’.

Roelf Ackerman se uitstekende foto van ’n Kingfisher.

Die tema foto vir die maand was ‘Leading Lines’ wat pragtige foto’s opgelewer het. Hier is Roelf Ackerman se foto wat die tema mooi uitbeeld.
Die tema foto vir die maand was ‘Leading Lines’ wat pragtige foto’s opgelewer het.
Nuwe lede is ook die aand verwelkom en ’n hele aantal besoekers het die aand bygewoon.
Die volgende klubaand is Woensdagaand 15 Junie om 18:30 by die Protea Hotel in Mandelastraat.
Enige iemand wat belangstel is welkom om die klub te kontak deur Sandra te skakel: 084 517 0667 of te epos: april59@telkomsa.net.
