Geloftedag word herdenk
Na die verrigtinge gaan daar lekker saam gekuier word rondom koffie en tee.

16 Desember 1838 is ’n belangrike dag op die kalendar – ’n dag waarop daar ’n verbond met God gesluit is om hierdie dag jaarliks te herdenk.
Op Woensdag 16 Desember word die Witbank Geloftefeesvieringe aangebied by die NG Kerk Witbank Vallei (Kiepersollaan 97, Tasbetpark).
Verrigtinge begin om 09:00 en die diens sal gelei word deur pastoor Deon Scheepers waarna die spesiale spreker, prof. Erik Holm meer sal uitwei oor die Gelofte en alles wat daarmee gepaardgegaan het 182 jaar gelede.
Na die verrigtinge gaan daar lekker saam gekuier word rondom koffie en tee.
Kom gedenk hierdie spesiale dag saam met mede-landsgenote.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
