Bekende plaaslike rugbyspeler sterf in fratsongeluk
Nantes de Lange se liggaam is op 31 Januarie gevind.
Die liggaam van ‘n man is vanoggend gevind na ‘n fratsongeluk.
Die ongeluk het Saterdag 30 Januarie net buitekant Bronkhorstspruit plaasgevind nadat ‘n groep vriende vanaf ‘n krans afgespring het in die Wilge Rivier in.
Toe Nantes de Lange (33) nie opkom nie, het sy vriende na hom begin soek.

Die polisieduikers van Gauteng was op die toneel, maar die soektog is later die aand afgelas.
Nantes se liggaam is vanoggend 31 Januarie deur die polisieduikers met die hulp van die National Sea Rescue Institute Station 35 Witbank gevind.
“Baie dankie vir elke gebed, elke oproep en boodskap,” het me. Nanette Opperman Nantes se suster gesê.
Daar word gevra om die familie se privaatheid te respekteer en hulle kans te gee om tot verhaal te kom na die tragedie.
GESELS MET ONS: Deel jou nuuswenke met ons op WhatsApp – 060 866 8682 Instagram WitbankNews001 Twitter @WitbankN
