Hope winskopies by Ons Winkel
Beide Ons Winkels vier Valentynsdag dié jaar met reuse winskopies.
Besoek Ons Winkel Witbank by die Wersea sentrum in Jeanettestraat (agter Fruit n Veg) en Ons Winkel Reynorif in die Pick n Pay sentrum langs Go-Go’s bied 50% afslag op alles in die winkels behalwe die meubels. Die uitverkoping duur tot Saterdag 13 Februarie.
Ons Winkel is al ’n baken in eMalahleni. Al koekeloer jy net partykeer in om vir die vriendelike personeel ‘Hallo’ te sê stap jy altyd uit met ietsie in die hand en ook in die hart.
Ons Winkel se geskiedenis begin vier en ’n half jaar terug toe Solidariteit Helpende Hand se eerste skenkingskantoor in Mpumalanga is op 1 Julie in die Wersea Gebou in Jeanettestraat sy deure oopgemaak het.
Die items wat hier aangebied word, is van hoogstaande gehalte en vol verrassings.
“Mense word aangemoedig om enige bruikbare items wat hulle nie meer te gebruik nie, na die skenkingskantoor te neem. By die skenkingskantoor word hierdie items omgesit in universiteitsgrade vir studente wat anders dit nie sou kon bekostig nie. Nie net is dit ʼn plek om goedere wat mense nie meer gebruik heen te vat nie, maar dit is ʼn plek waar items omgesit word in hoop,” het mnr. Sarel van Heerden van Ons Winkel gesê.
Vir meer inligting, kontak gerus vir Sarel: 082 902 2933



Deel jou nuuswenke met ons via:
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
