Dit gaan goed met Merle

Dit gaan goed met die kanker-mamma, Merle Coetzee.

Na net ’n bietjie meer as ’n week na haar eerste chemoterapie sessie het WITBANK NUUS  met kanker-mamma Merle Coetzee opgevang.

Die 37-jarige Merle is onlangs gediagnoseer met fase-drie borskanker wat na haar limfklier en ander kliere versprei het.

Vir die volgende ses maande gaan sy gereeld by Kalafong Hospitaal

moet kuier vir chemoterapiesessies.

Na die chemoterapie gaan hulle sny en haar bors verwyder. Daarna lê vyf weke van bestraling voor.

“Dit gaan goed met my. Ek voel ‘great’,” het sy opgewonde vertel.

Sy het gesê sy is nog glad nie siek en naar nie.

“My haartjies begin nou uitval, nou gaan al my gryshare wys.”

Merle het voorheen gevra vir gebede en bedank elkeen vir elke gebed, elke oproep en elke boodskap wat sy ontvang het.

“Moet asseblief nie ophou om vir my te bid nie,” het die mamma van Ryan (10) en Candice (4) gevra.

Op 30 April word ’n gholfdag by Witbank Gholfbaan  vir Merle gehou. Die formaat is ’n vierbal-alliansie ‘scramble drive’. Daar word om 09:00 afgeslaan (haelgeweer begin). Kostes is R375 per speler of R1 500 per vierbal. Gaatjies kan teen R2 000 geborg word.

Besprekings kan by die Pro-Shop gedoen word en gholfkarretjies kan ook daar bespreek word: 013 590 6709.

Vir meer inligting skakel Merle: 079 795 5208 of Lettie Mostert: 082 043 0830.

 

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button