’n Sak vol hartseer – dooie ‘baba’ gevind

Die ongebore baba is toegedraai in 'n plastieksak en in 'n asblik by ’n plaaslike winkelsentrum gegooi.

‘n Skare mense het saamgedrom om te sien wat in die asblik by die ingang na Emala Mall in Escombestraat in die Sentrale Besigheidsgebied gevind is.

Die ontdekking op Dinsdag, 29 Junie was egter grusaam… die liggaam van ‘n dooie babatjie in ‘n plastieksak.

Met die aankoms van owerhede is daar minimale moeite gedoen om dié hordes mense weg te hou van die toneel af, ’n stukkie band was halfpad gespan, sosiale afstand en Covid-19 was toe nie ter sprake nie.

LEES MEER: 

https://www.citizen.co.za/witbank-news/160073/newborn-baby-found-on-a-doorstep-in-ezinambe-extension-4-emalahleni/

Met net ‘n tikkie hoop dat daar ‘n kans vir lewe kan wees is daar op ‘n ambulans gewag. Met ER24 se aankoms het ‘n polisieman met sy vinger reguit na die asblik gewys. Estie Biela van ER24 het egter bevestig,  “Daar is geen hartklop nie.” Biela het verder bevestig dat die fetus waarskynlik in die tweede trimester van swangerskap moontlik geaborteer is.

LEES MEER:  

https://www.citizen.co.za/witbank-news/173493/baby-found-in-the-parking-area-of-a-local-church/

Me. Tammy de Oliveira, mede-stigter van New Life Children’s Home  is deur die South African Community Watch   (SACCW) se ‘Baby Box Division’ in kennis gestel en sy is dadelik na die toneel.

‘n Emosionele De Oliveira het later ‘n hartverskeurende skrywe op sosiale media geplaas waar sy ‘n briefie aan die ongebore baba geskryf het:

“Brief aan Zola – die baba wat dit vandag nie gemaak het nie. Ongeveer 20 weke het die paramedici op toneel geskat was jou mamma swanger, tot en met vanoggend. Vanoggend het iets gebeur. Miskien het dit natuurlik gebeur en het jou mammie nie geweet wat om te doen nie. Miskien was sy jonk. Miskien het sy bang of onder druk gevoel of nie geweet dat daar mense is wat haar hierdeur sal liefhê en ondersteun nie.  Miskien het sy gedink dat mense haar sou oordeel as sy jou sou laat aanneem. Daar is net te veel moontlikhede. Wat miskien nie is nie, is dat jy vanoggend gebore is. Jy was nog nie gereed nie, beslis nie buite ‘n hospitaal nie. Jy het beter verdien, beter as die koue plastieksak waarin jy gevind is nie. Dalk ‘n beter bedjie as die beton-asblik buite ‘n winkelsentrum. Die hordes mense wat daar ‘selfies’ geneem het, moes vir die gesin babageskenke gebring het. Ons polisiemanne wat mense ongeskik wegjaag, eerder as ouma’s wat druk en liefhet. Ek is jammer! Ons het jou in die steek gelaat.  Ons almal het. Jou mamma moes probeer het om ‘n manier te vind om jou te help. Jou gemeenskap moes alle swanger mammies ondersteun. Die organisasies in jou gemeenskap wat hulp aanbied, moes meer sigbaar gewees het, hulle moes jou stem gewees het. Ons sal harder probeer, ek belowe. Ek weet nie of jy ‘n klein seuntjie of dogtertjie was nie, maar ek wou jou, jou eie naam gee. Ek wil jou onthou en eer en dus het ek jou die naam Zola gegee. Dit beteken ‘om kalm te wees’.  Wees kalm aan die voete van Jesus, lieflike baba. Jy is nou veilig, want Hy sal jou vir ewig liefhê. Al my liefde, Tannie Tammy.”

LEES MEER: 

https://www.citizen.co.za/witbank-news/173102/mutilated-and-abandoned-body-of-baby-found-in-kwa-guqa/

Me. Maureen Scheepers, stigter van die “SACCW Baby Safe box” inisiatief in eMalahleni, het by voornemende mammas gepleit om gebruik te maak van die hulpbronne wat in die omgewing beskikbaar is.

Die “Baby Safe Box” bied nou ‘n veiliger alternatief vir mammas wat andersins hul baba’s op gevaarlike en vuil plekke sou los.

“Daar is geen verskoning meer om jou baba te laat aborteer of verlate te los nie. Gebruik asseblief die bokse en gee jou baba die kans om te oorleef en ‘n volle lewe te hê. Enigiemand wat meer inligting benodig rakende die’ Baby Box’ inisiatief, kan my  kontak by 082 565 6770,” het Scheepers ten slotte gesê.

LEES MEER

https://www.citizen.co.za/witbank-news/167694/dead-baby-found-in-a-deep-freezer-in-hospital/

Deel jou stories met ons

Of volg ons op sosiale media

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button