Oorgroeide bosse langs Woltemadestraat was eerste op AfriForum tuinspan se lys
Nuwe toerusting, onder meer twee bossiekappers en ’n kettingsaag is vir die projek aangeskaf.
AfriForum se Witbank-tak het die nuwe tuinspan in eMalahleni in die werk gesteek.
Dié tuinspan is deur die tak ingespan om verskeie areas tussen 6 en 9 Maart in die stad op te ruim en skoon te maak.
Die span bestaan tans slegs uit twee individue, maar sal uitbrei soos die projek ontwikkel.
Nuwe toerusting, onder meer twee bossiekappers en ’n kettingsaag is vir die projek aangeskaf.
Die eerste projek, waar die lede sowel as verskeie mense uit die gemeenskap by betrokke is, was gefokus op Woltemadestraat.
Die tak het ’n stootskraper gehuur om die terrein gelyk te stoot en die span het oorgroeide bosse afgesny en verwyder.
Hierdie stuk veld in Woltemadestraat is deur ’n menigte sluipslapers as slaapplek gebruik, wat misdaad in die omgewing verhoog het.
“Die span gaan ’n daadwerklike verskil in eMalahleni maak en help om die agteruitgang van die dorp stop te sit,” sê Alfred Friess, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak.
Jy kan ons e-pos op info@witbanknews.co.za, ons skakel by 013 656 2490 of ons op sosiale netwerke volg: webtuiste, Facebook, Twitter of Instagram.
