Diewe breek muur af by huis in Uitbreiding 10 en vat vier motorfietse
Diewe kom weg met vier motorfietse.

Skelms raak al hoe meer waaghalsig in hulle manier van steel.
’n Gesin kon nie hulle oë glo toe hulle vanoggend (Maandag, 31 Julie) wakker word om te vind dat al vier hul motorfietse uit hul erf in Dirkie Uysstraat, Uitbreiding 10 gesteel is nie.

Die diewe het oornag oor die erf se muur geklim en stukke daarvan begin breek sonder om gesien of gehoor te word het Jakes Muire, eienaar van die motorfietse bevestig.
Enige iemand met inligting kan die volgende nommers skakel, Jakes: 079 040 5398,
Brandon 076 301 8620 of Ruan by 082 766 5817.


Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitterof Instagram
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
