Mama Mia – Marli is pragtig

Marli van der Merwe is op pad is na Indië om mee te ding vir 'n internasionale kroon.

eMalahleni het saamgetrek vir ‘n spesiale oggend ter ondersteuning van hul eie, die pragtige Marli van der Merwe, wat op pad is na Indië om mee te ding vir ‘n internasionale kroon.
Die doel van die dag was om fondse in te samel om haar droom moontlik te maak.

Andries du Preez.

Die pragtige model wat eMalahleni se naam op die internasionale loopplank gaan verteenwoordig, het Andries du Preez op 18 Oktober as haar eregas gehad.

Werner Nienaber.

Andries het die gaste bederf met ‘n intieme kykie in sy wêreld, terwyl hy nie net uittreksels uit sy nuwe boek gedeel het nie, maar ook sy unieke talent met opvoerings ten toon gestel het.

 

Sr Adelaide Khosa.

Tussen die musikale nommers en goudklontjies gesegdes het Andries sy lewensverhaal gedeel.
Gaste het heerlik gesmul aan pers plaatkoekies en aarbeie wat die inspirerende oggend ingekleur het. Marli kort nog fondse vir Indië.

Rochelle, Joshua en Riaan du Plessis.

As jy wil help om Marli se droom te bewaarheid, kontak haar ma, Ria van der Merwe: 079 047 0995.

Catryn Swartz, Coleen Brown en Elsabe Wadlow.

 

Breaking news at your fingertips … Follow WITBANK NEWS on our websiteFacebookTwitter,  Instagram or TikTok

Chat to us: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Simangele Khoza

I have been part of the Witbank News team since 2022. I excel in investigative reporting and in-depth reporting. I am passionate about keeping a pulse on the stories that shape the city. I cover all genres and have a special interest in soccer.
Back to top button