Bou jou eie miniatuur tuintjie in ‘n glashouer
Al ooit gewonder hoe groei miniatuur tuintjies in ‘n glashouers. Dié naweek kom ’n kenner wys hoe word dit gedoen.
Moyogi Bonsai Kai klub hou hierdie naweek ‘n opwindende werkswinkel waar jy sal leer hoe om jou eie terrarium te bou.
Hierdie klein plant-ekosisteme is perfek vir binnenshuise versiering.
Terrariums is miniatuurtuine wat in klein, verseëlbare glashouers gehuisves word. Dit funksioneer as ‘n selfonderhoudende ekostelsel.
Daandre Jansen van Vuuren sal jou deur elke stap lei.
Pryse verskil volgens die grootte van die bou-kit.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Bespreek jou plek of kry meer inligting by Daandre: 060 247 65191 of Marlene Visagie: 082 499 0121.
Datum: 8 November
Tyd: 10:00 tot 13:00
Waar: Van den Berg’s Kwekery.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
