Stofstorm en toe rukwinde en reën

Motoriste kon skaars voor hulle sien toe hulle tussen die Hendrina afrit en Middelburg Dam die hewige stofstorm inry.

Motoriste op die N4-snelweg tussen die Hendrina-afrit en die Middelburg Dam is vanmiddag onverwags deur ‘n erge stofstorm vasgevang, wat die sigbaarheid verminder het.

Die storm het het gepaard gegaan met skielike, harde rukwinde, swaar reën en dreunende donderweer.

“Ons kon niks sien nie”

Martie Jonker, een van die motoriste wat in die storm beland het, het die situasie as “baie sleg” beskryf.

“Dit was baie sleg. Ons kon nie eers die afrit of die verkeer voor ons sien nie,” het Jonker gesê.

Sy het verder vertel dat die omstandighede vinnig versleg het, beginnende met rukwinde, gevolg deur die harde reën en swaar donderweer.

Intussen het die reën in eMalahleni weer begin val.

Owerhede doen ‘n beroep op motoriste om versigtig te wees en alle verkeersreëls streng na te kom in nat en stormagtige toestande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button