Nicolette maak eerste Comrades klaar
Hierdie was ’n onvergeetlike ondervinding vir Nicolette Barkhuizen wat haar eerste Comrades klaargemaak het.
Die Comrades Marathon het gesorg vir opwindende oomblikke.
Aan die begin streep was Andries Nienaber ook opgewonde om sy 10de Comrades te voltooi en dié Comrades was meer spesiaal want sy dogter Nicolette Barkhuizen het die moordende marathon saam met hom aangepak.
LEES MEER Pa en dogter hardloop vanjaar se Comrades saam
Sy het al die pad van Nederland afgekom om saam met haar pa te hardloop.
Andries het ongelukkig nie klaargemaak nie as gevolg van erge krampe in sy bene.
“Ek het uit water ‘uitgehardloop’. Vanaf die 5km merk tot die 21km merk was daar nie water nie. Ek moes onttrek want ek het erge krampe in my bene begin kry,” het Andries vertel.
Hy het besef sy stadige pas sou hom nie binne die amptelike afsnytyd oor die wenstreep bring nie.
Nicolette het wel die wedloop klaargemaak in 11:30:00 klaargemaak.
“Ek sou dankbaar gewees het as ek net kon klaarmaak. Dié tyd is ’n bonus,” het Nicolette opgewonde vertel.
Sy het Donderdag teruggevlieg Nederland toe.
Andries en sy dogter Nicolette pak vanjaar se Comrades saam aan
— WitbankNews (@WitbankN) June 12, 2026
https://t.co/FwxDZhi0l2 #comrades2026 #witbanknews #andriesnicolette pic.twitter.com/N20OvjZIRQ
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za