Seekoeiwater se valk is dood

’n Kaalwangvalk wat uit ’n boom gered is nadat hy in vislyn verstrengel geraak het, is dood van ’n pelletpatroon wat in hom vasgesit het.

Die kaalwangvalk wat Vrydag uit ’n boom by Seekoeiwater gered is nadat hy in vislyn verstrengel geraak het, is dood.

Voëlliefhebbers was woedend toe hulle meegedeel is dat die valk vir X-strale geneem is en dit wys dat daar ook ’n pelletpatroon in sy lyf vassit.

Die X-strale het gewys dat die valk se vlerk gebreek was.

Lees meer hier Seekoeiwater se valk met ’n pellet geskiet

Die valk is na Birds of Prey in Dullstroom geneem vir rehabilitasie.

Die valk is al ’n geruime tyd in die Seekoeiwater-omgewing gesien en Piet Wassenaar, wat oor ’n MTPA-permit beskik om met wilde diere te werk, sê die valk het ’n nes in die omgewing gehad.

Hy het genoem die vislyn was afkomstig van ’n vlieër wat in die boom verstrengel geraak het.

Wassenaar het gesê die valk het goed geëet en die vlerk sou herstel, maar as gevolg van stres het die palletpatroon geskuif en die valk se dood veroorsaak.

Van ons lesers se kommentaar was:

“Ek wens hy kan voel hoe daardie valk voel wat daar is vir ons om sy skoonheid te ervaar en te waardeer, as hy vol pellets gelaai word,” het Rina du Plessis laat hoor. “Ek sal nooit verstaan hoekom mense hulle skiet nie,” het Adele Vercuseil gesê.

Petrus Liebenberg het genoem dat ’n uil onlangs in Hoëveldpark geskiet is.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  website, Facebook, X,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button