Twee plaaslike hengelaars is verlede week ‘n stewige boete van R50 000 elk in die Richardsbaai Landroshof opgelê.
Die hengelaars is skuldig bevind aan oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne en regulasies.
Wouter Jansen van Rensburg (51) en Desmond van Bosch (53) is aangekla van die bestuur van ‘n vaartuig sonder ‘n funksionele ‘Vessel Monitoring System (VMS)’.
Die saak is deur die provinsiale ondersoekeenheid teen kommersiële misdaad in Richardsbaai ondersoek, onder leiding van Luitenant Kolonel VC Pillay.
Die trasionele lynvis vaartuig, Sea Link V, was glo tussen 16 en 21 November operasioneel sonder ‘n funksionele VMS.
Jansen van Rensburg en Van Bosch is op 30 November gearresteer en aangekla.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page and follow us on Twitter.
For news straight to your phone invite us:
WhatsApp – 060 784 2695
Instagram – zululand_observer
