SR015474
KENNISGEWING VAN VOORNEME OM AANSOEK TE DOEN VIR DIE ONTEIENING VAN SERWITUTE VIR KRAGTRANSMISSIE 1. NEEM KENNIS dat die Nasionale Transmissiemaatskappy Suid-Afrika Bpk (`NTCSA`) van voorneme is om by die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur aansoek te doen vir die onteiening van `n serwituut vir elektriese kragtransmissie oor die volgende eiendom: i. Gedeelte 1 van die Plaas Llanwarne 603, Registrasieafdeling: 0 HU, gehou kragtens Akte van Transport: T14596/2022 2. NEEM VERDER KENNIS dat NTCSA van voorneme is om aansoek te doen vir die onteiening van `n ewigdurende 55 -meter-wye serwituut vir elektriese kragtransmissie oor bogenoemde eiendom, langs die roete(s) soos ooreengekom, onderhewig aan enige bestaande serwituut of ander saaklike regte, om elektrisiteit oor die eiendom te vervoer deur gebruik te maak van een of meer 400 kV kraglyn(e) wat elk bestaan uit geleiers wat op pale of strukture gemonteer is, tesame met sodanige ondersteuningstruktuur of meganisme as wat nodig of gerieflik mag wees. 3. NEEM VERDER KENNIS dat NTCSA die serwituut hierbo aangedui benodig om netwerkbeperkings te versterk en te verlig as gevolg van verhoogde elektrisiteitsaanvraag in die Noord- KwaZulu-Natal-streek deur die bestaande netwerk te versterk met `n addisionele 400kV transmissiekraglyn wat sal toelaat dat die Iphiva 400/132kV substasie gentegreer word met die bestaande elektrisiteitsnetwerk. 4. NEEM VERDER KENNIS dat enige persoon met `n belang in die voorgestelde onteiening die reg het om die hele aansoek te inspekteer en verdere besonderhede daaroor te bekom by TKN Incorporated, Floridaweg 62/64, Morningside, Durban, gedurende besigheidsure deur `n afspraak te maak by 031 303 2022 of per e-pos aan Zivumile Ncwadi – zee@tkninc.co.za. 5. NEEM VERDER KENNIS dat enige persoon wat `n belang in die voorgestelde onteiening het, die reg het om `n beswaar in te dien, ondersteun deur die relevante voorlegging binne 21 (EEN-EN-TWINTIG) dae na die datum waarop hierdie kennisgewing gepubliseer word. Enige besware en voorleggings kan per e-pos aan Zivumile Ncwadi – zee@tkninc.co.za gestuur word of per hand afgelewer word by TKN Incorporated, Floridaweg 62/64, Morningside, Durban. 6. NEEM VERDER KENNIS dat enige persoon wat nadelig deur die voorgestelde onteiening geraak kan word, kragtens die bepalings van artikel 6 van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000, die reg het om die besluit van die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur om die voorgestelde onteiening goed te keur, te hersien binne 180 (EEN HONDERD EN TAGTIG) dae nadat die besluit kragtens artikel 27 van die Elektrisiteitsreguleringswet 4 van 2006 geneem is. GETEKEN TE DURBAN OP HIERDIE DIE 08 DAG VAN APRIL 2026. TEMBE KHESWA NXUMALO INCORPORATED (NTCSA`S ATTORNEYS OF RECORD) Ms Zivumile Ncwadi – 62/64 Florida Road Morningside Durban Tel: +27 31 303 2022 – E-pos: zee@tkninc.co.za RESPONSE ADDRESSEE TKN INCORPORATED (NTCSA`S ATTORNEYS OF RECORD) Ms Zivumile Ncwadi – 62/64 Florida Road Morningside Durban Tel: +27 31 303 2022 – E-pos: zee@tkninc.co.za PROPOSED ROUTE OF 1 x 400kV (Servitude width 55 meters) TRANSMISSION LINE INDICATED IN RED VOORGESTELDE ROETE/S VAN 1 x 400kV (Serwituut wydte 55 meter) KRAGLYN AANGEDUI IN ROOI
Reference Number: SR015474