Orion-leerders verkies tot Suidoos-Rand-krieketspanne
Laerskool Orion wens met trots al die Ories wat tot die Suidoos-Rand-krieketspanne vir 2026 verkies is, geluk.
“Dit is ’n besondere prestasie en ’n groot voorreg om deel van hierdie spanne te wees. Ons wens julle alle sterkte toe met die seisoen wat voorlê. Ons weet dat julle jul beste sal gee en die Ories se naam hoog sal hou. Baie geluk, Ories, ons is trots op julle,” het Danny Last, verantwoordelik vir bemarking by die skool, gesê.
Die volgende leerders is verkies:
o9: Kayden Bauermeister en Bismark Viljoen
o10: Ben van Jaarsveldt en Deandré Harwood
o12: Johann Joubert en Sollie Cilliers
o13A: Alejandro Kritzinger, Hayden Francké en Fourie Oosthuizen
o13B: Juandré Spanjer en Zian Erasmus
Dogters: Sadie van Niekerk, Eldie van Niekerk, Joniques Steenekamp, Alyssa Zalewski en Ansunay Barnard.


















