NewsSchools

Hoërskool Dinamika welkom Anais

Hoërskool Dinamika was een van die gelukkige skole om 'n optrede van Anais te ontvang.

BRACKENHURST – Ambassadeur vir Lifeline, Anais, toer die wêreld vol saam met kykNET waar sy skool leerders opvoed oor wat hulle doen.

Anais is nie net ‘n ambassadeur nie, maar sy sing ook graag en het op 16 Oktober by Hoërskool Dinamika opgetree.

Die skool was so gelukkig om hulle te ontvang nadat ‘n leerder in die skool ingeskryf het by ‘n kompetisie waar hy ‘n iPOD kon wen. Daarna kon sy skool ook ‘n kaans staan om die kuiertjie te ontvang.

Lifeline is ‘n program wat met kinders werk wie in skole geboelie word, wie dalk ‘n vriend/vriendin verloor het, eensaam is en leerders wat enige form van negatiewe emosies beleef.

Hulle het ook baie borgskappe soos Hyundai. Hulle werk saam met die “Be Your Dream Campaign” wat vir die hoof seun en – dogter beurse geborg het om by enige Universiteit se gaan studeer.

Anais en haar span het vir die leerders verniet CD’s gegee. Twee leerlinge kon ‘n kaans staan om R7 000 of ‘n iPOD te wen deur om haar te volg op Twitter.

Die leerlinge het die middag vreeslik geniet en was na die optrede meer bewus van hulself and ander se omstandighede en gevoelens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button