Evangelies-Gereformeerde Kerk vertel hulle storie
Evangelies-Gereformeerde Kerk vertel die REKORD hulle geloog en hulle kerk waardes.

SOUTHCREST – Die Evangelies-Gereformeerde Kerk in Alberton is ‘n lewenskragtige, evangeliese kerk wat Gereformeerde grondslag het.
Hierdie kerk het dit ten doel om die Evangelie van Jesus Christus se vrymaking in waarheid te verkondig en ook om passievol uit te reik na die gemeenskap. Elke persoon is vir hulle belangrik, ongeag van hul voorkoms en status.
Dit gaan in hierdie gemeente oor verhoudings, eerstens teenoor die Vader in Jesus deur die Heilige Gees en tweedens teenoor elke ander persoon. Die gemeente is oortuig dat dieselfde liefde wat Jesus aan die kruis vir die mens geopenbaar het, ook aan elke ander mens gegee moet word.
Hulle gee werklik vir mekaar om in liefde, ondersteun mekaar en leef die liefde van Jesus uit. Die rede waarom die boodskappe Sondae op ‘n eenvoudige en verstaanbare manier oorgedra word, is sodat al die mense geestelike voedsel kan kry en tot geestelike volwassenheid kan groei.
Jesus is die middelpunt van hul boodskappe omdat Hy mense verander. Die kerk se leerstelling is gefundeer op die Bybel wat die onfeilbare Woord van God is. Hulle reik ook ‘n hand van welwillendheid uit na elke Christus- belydende Kerk.
Hierdie gemeente het verskillende bedienings om erkenning te gee aan verskillende ouderdomsgroepe met hulle unieke behoeftes. Hierdie bedienings bestaan onder andere uit:
*Die Kinderbediening
*Die Jeugbediening
*Die Silwerjeug
*Die Christelike Vroue Vereniging
*Sending en Evangelisasie
Die kerk is by Kerk Straat 8, Southcrest gebasseer. Kontak Ds. Rainier Raath 011 907 1771, 082 562 7676, e-pos raath@serveconnect.co.za of www.egkerkalberton.co.za vir meer inligting.