Die skool was gereed om op 1 Junie te heropen, maar weens die minister van basiese onderwys se aankondiging op 31 Mei is die datum geskuif.
Volgens Dr Jorrie Jordaan, die skoolhoof, was daar 93 persent van die Graad 12-groep teenwoordig op 8 Junie.
Hier is die voorsorgmaatreëls wat die skool in plek gesit het: “Leerders mag net gebruik maak van die klein hekkie by die hoofingang.? Leerders met ‘n geldige bestuurslisensie mag ingang by die kaffeteria-hek gebruik en op aantreeblad parkeer en vandaar beweeg hulle dan deur na voorkant van skool vir sanitasie.”
Personeellede sal leerders by die hekke ontvang en hulle dan deur die proses neem.
“Elke leerder en onderwyser se koors word daagliks gemeet en daar word kontrole daarvan gehou.” Leerders en onderwysers se hande word gereeld ontsmet en daar is ook sanitasiestaanders orals op die skoolterrein.”
KYK:
https://www.facebook.com/hoerskool.alberton.1/videos/1602073616634595/
Elke leerder het ‘n Allie-masker ontvang en moet dit ten alle tye dra.
Leerders loop ook deur ‘n sanitasie-tonnel voordat hulle na hulle klasse kan gaan. “Die skool se klaskamers en badkamers word op ‘n gereelde basis ontsmet.”
Hier by Allies glimlag ons met ons oë. Ons hou ons temperature koel, maar ons harte warm. Ons hou ons afstand, maar ons sprei ons vlerke,’ het die skoolhoof gesê.
Jordaan het ook gesê dat die skool veilig is. “Ons is almal bly om terug te wees. Ouers kan gerus voel en weet dat ons alles in ons vemoë gedoen het om die skool so veilig as moontlik te maak. Ons wil ook ouers vra om kinders wat enige Covid-19-simptome toon, eerder tuis te hou.”
Volgens Jordaan is die leerders en onderwysers se welstand baie belangrik en doen die skool alles in hulle vemoë om dit te verseker.







