Laerskool Orion se redenaars blink uit by ATKV-landfinaal
Die skool se Graad Twee- en Graad Vier-spanne is as landswenners aangewys, terwyl die Graad Ses- en Graad Sewe-spanne onderskeidelik tweede en derde geëindig het.
Nee kyk, met dié jongklomp wil mens seker nie sommer in enige redenasie vasval nie.
Die bekkige redenaarspanne van Laerskool Orion het hulsef in drie top posisies ingepraat.

Vier van die skool se spanne eindig in top drie plekke by Buffelspoort waar die ATKV-spanredenaars se landsfinaal gehou is.
Vir die skool was dit ‘n ongelooflike voorreg om saam met spanne van regoor die land aan hierdie groot kompetisie deel te neem en die skool is trots on die vier spanne wat uitstekend gevaar het.

Die Graad Twee en Graad Vier redenaars is landsfinaalwenners terwyl die Graad Ses groepie as naaswenners aangewys is met die Graad Sewe groep in ‘n derde plek.
Die skool wens graag elke deelnemer en afrigter geluk met hierdie besonderse prestasies wat harde werk en toewyding geverg het.




