NewsSchools

AfriForum se Oos-Rand-takke voorsien hulppakkette aan 25 skole

AfriForum het reeds meer as 40 000 bottels handreiniger, 8 000 plakkate en 200 termometers aan skole landwyd versprei.

Die AfriForum-takke in die Oos-Rand het 25 hulppakkette aan skole in die area versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.

Dié skolehulppakkette bevat Covid-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders.

Albertonskole wat by die projek ingesluit was is Laerskool Orion, Laerskool Randhart en Hoërskool Marais Viljoen.
“AfriForum het baie versoeke van skole ontvang omdat hulle onvoldoende hulp van die Departement van Onderwys ontvang het.

“Daarom het AfriForum se Oos-Rand-takke aan die skoleprojek deelgeneem om sodoende te verseker dat leerders veilig kan terugkeer skool toe om die 2020 akademiese jaar te hervat,” sê Stephanus ‘Butch’ Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir Oos-Rand.

AfriForum het reeds meer as 40 000 bottels handreiniger, 8 000 plakkate en 200 termometers aan skole landwyd versprei.

AfriForum se Oos-Rand-takke wil graag nóg skole ondersteun in die uitdagende tye wat voorlê om te verseker dat hulle op ’n veilige wyse funksioneer.

Die takke moedig gemeenskappe daarom aan om by die inisiatief betrokke te raak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button