GalleriesLocal newsNewsNews galleries

GALLERY: Eerste verjaarsdag vir Ons Winkel

Ons Winkel het hulle eerste verjaarsdag op 12 Junie gevier.

Ons Winkel Alberton het op 12 Junie hulle eerste verjaarsdag gevier.

Die winkel ontvang skenkings wat dan verkoop word om fondse in te samel vir verkeie projekte tot bate van mense in nood.

“Dit word alles moontlik gemaak deur ons skenkers,” het Frans Burger, eienaar van Ons Winkel Alberton, gesê.
Hulle het die dag gevier met sop en koffie vir kliënte, asook ’n geskenkie vir klante wat oor ’n sekere bedrag in die winkel spandeer her.

Ons winkel het hulle hoop uitgespreek dat die komende jaar net so goed vir hulle sal wees soos die vorige jaar.
Frans vra die mense van Alberton om aan te hou om die winkel te ondersteun sodat hulle kan voortbou op hul netwerk van ondersteuning van mense in nood.

Inwoners kan bydrae nie net deur te koop nie, maar ook deur skenkings van goedere aan die winkel.

Alle goedere word aanvaar en mense is welkom om dit by Ons Winkel, 38 Garfieldstraat, af te laai.

Indien dit nie moontlik is nie is jy welkom om Frans by 072 690 2030 te skakel om te reël dat dit gehaal kan word.

GALLERY:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button