NewsSchools

GALLERY: ‘n Veilige huis vir die kleingoed

By Dudes en Divas het een groot verrassing op die kleingoed, asook mammas en pappas gewag met die heropening van die skool.

Vir die afgelope drie jaar het ek as ‘n ouma my dogter gehelp om haar twee kleintjies by die kleuterskool af te laai en te gaan haal.

Van die eerste oomblik af het ek geweet dat daar iets besonders is by Zelmarie se Dudes & Divas. Gelukkige gesiggies, laggende mondjies, kleintjies wat saam leer en speel.

En toe – Covid 19 en lockdown. ‘n Heel nuwe lewe van by die huis bly en veilig bly.

Maar wag, Zelmarie en haar span praat met die kleintjies via WhatsApp. WOW! is al wat ek kan sê oor hierdie span wat werklik vir die kleingoed omgee. Hoewel die impak die skool onder finansiële druk geplaas het, met van die ouers wat afbetaal was en nie meer skoolfondse kon bekostig nie, het dit hulle nie gekeer nie.

Die kleingoed se werk was vir ouers gegee om te help om die ure om te kry, terwyl mamma en pappa ook nog probeer werk. Baie moeilik vir almal, maar elke juffrou het altyd ‘n glimlag en ‘n virtuele drukkie gereed gehad.

Na amper vier maande kon ons kindertjies weer terugkeur na ‘n “veranderde normale” dag. Almal is bekommerd oor hoe dit gaan werk en hoe veilig gaan dit wees. Bekommerd oor hoe ons kinders en kleinkinders gaan aanpas met alles.

Daar was ook die bekommernis oor waar daar geld afgeknyp kan word vir alles wat gedoen moes word om die skool in gereedheid te bring sodat die kleingoed kon terugkeer.

Wat ‘n verrassing het vir ons gewag. Daar is ‘kabouter-grootte’ santiteerders wat jy met ‘n klein voetjie kan trap, presies op die regte hoogte vir die klein mensies, in pienk en blou, ‘n saniteerdammetjie met grassies waar almal kan deurloop om die skoene skoon te kry om die gogga buite te hou.

Met vriendelike gesels en speel word almal se temperatuur gemeet op so ‘n manier dat die kinders die volgende dag daarna uitsien om dit te doen. Daar is groot bakke vol ‘hand wipes’ en iemand wat mamma of pappa se temperatuur ook meet.

Hulle gee genoeg om sodat hulle ‘n enkele ingang het wat behoorlik beheer word om ons kleingoed te beskerm.
Kom by die klassies aan en alles is in plek en elke klassie vrolik versier en voel die kleingoed onmiddellik tuis en op hul gemak.

Wat ‘n plesier om jou kind af te laai en na jou werkplek te gaan sonder om heeldag te wonder of jou kind gelukkig is.
Hier is dit nie ‘n kwessie nie, hulle kan nie anders as gelukkig wees nie, want daar is soveel mense wat werklik omgee.

Alles is in plek soos wat dit moet wees. Die sandput het plek gemaak vir ‘n opvoedkundige speelplek met letters en nommers.

Tafels word nou in twee gedeel met die oulikste skerms tussen die kleingoed om hulle veilig te hou. Mammas gee elke dag skoon kombersies saam om ook te help.

Gesigskermpies en die oulikste maskers word gedra deur die wat oud genoeg is en word aangemoedig. Dankie Zelmarie. Jy en jou spannetjie is deur baie diep waters, maar julle het dit gemaak. Dankie vir ons kabouters se liefdevolle huis weg van die huis af.

Julle is wonderlik.

‘n Dankbare ouma

 

Reg om die dag by Dudes en Divas te begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button