NewsSchools

Alberton onnies werk deur die druk vir hul leerders

Vir onderwysers was die grendelgreep net so ’n strawwe ervaring as vir die leerders.

Die REKORD het met onderwysers gesels om uit te vind hoe die sluiting van die skole tydens die grendelgreep hulle en hul skole affekteer.

Die onderwysers het aan die REKORD hul persoonlike mening oor die president se aankondiging en die uitdagings van die grendelgreep gedeel.

“Die kinders maak die skool,” het Dr Johlet Krause, ’n wetenskap onderwyser van Hoërskool Marais Viljoen High School, gesê.

Volgens haar, al is daar die akademiese kant wat nog kan voortgaan vir die leerders, is daar ’n mate van die gees wat verlore gaan weens die gebrek aan kontak. Sy het ook uitgewys dat tydens hierdie grendelgreep ’n mate van die persoonlikheid van haar onderrig verlore gaan.

“Ek hou daarvan om met my hande te verduidelik en ek kan dit nie so lekker oor Whatsapp doen nie.”

Volgens Marlene Gerber, hoof van Laerskool Randhart, kan daar akadademies gewys nog maklik aanpassings gemaak word in ’n laerskool en die belangrike kan geleer word.

“Die holistiese ontwikkeling van leerders word egter baie erg benadeel en dit sal derhalwe ook ’n inpak hê op leerders se akademiese vordering,” het sy gesê.

Vir onderwysers was die grendelgreep net so ’n strawwe ervaring as vir die leerders.
Van die onnies was daar baie verwag om die leerders te help om deur die sluitings en grendelgreep by te bly met hulle akademiese werk.

“Onderwysers is baie aanpasbaar en meesters daarin om probleem-oplossend te dink,” het Marlene gesê. Sy het egter gesê dat hulle as onderwysers druk ervaar en die onbekende weens die besluite wat willens en wetens deur besluitnemers geneem word.

Die aankondiging deur die president oor die verlenging van die skooljaar word deur Marlene beskryf as vaag en dat daar geen riglyne is oor wat dit presies beteken nie.

“Ons weet egter dat die beleid rondom die promosie en progressie van leerders vir hierdie skooljaar nie op dieselfde wyse toegepas kan word nie en dus ’n dringende aanpassing verg,” het sy gesê.

Sover dit die matrieks van volgende jaar beïnvloed, het Martie Heystek, hoof van Marais Viljoen, gesê dat die onsekerheid by hulle leerders lê by wat volgende jaar gebeur.

“Ons weet egter dat hulle gereed is en my onderwysers vertel my dat ons selfs voor is wanneer dit vergelyk word met waar ons laas jaar was.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button