Local newsNewsSchools

Onnies trap fiets vir ’n goeie doel

Leerders, oud-leerders en toekomstige leerders, asook vriende en familie word uitgenooi om hierdie projek te ondersteun.

Hoërskool Dinamika, Hoërskool Marais Viljoen en Hoërskool Alberton se onderwysers ondersteun Solidariteit se #TrapSaam-inisiatief en gaan fietstrap van Alberton tot in Hartenbos op 21 Augustus by die Alberton Rugbyklub.

“Ons gaan saam staan (eerder saam fietsry) om geld in te samel vir onderwysers wat deur die skole se beheerliggame betaal word.

“In hierdie uitdagende tye het skole nie meer die fondse om hierdie beheerliggaamposte se salarisse te betaal nie. Hierdie poste is noodsaaklik om ons klasgroepe minder as 30 leerders te hou,” het Dr Jorrie Jordaan, skoolhoof van Hoërskool Alberton gesê.

Die skole se onderwysers gaan saam ’n virtuele fietsrymarathon, of ’n DIMARTON (DInamika, MARais Viljoen, AlberTON) aanpak, waar hulle saam 1 100km gaan aflê.

Onnies begin die lang trap om 10.30vm tot 5nm.

Belangstellendes wat ’n donasie wil maak kan die skole help deur per kilometer te borg. Ander donasies is ook welkom.

“Ons daag alle Allies, oud-Allies, toekomstige Allies, vriende en familie van die Allies uit om ons te ondersteun in hierdie projek.”

Stuur gerus ’n e-pos na freek@allies.co.za vir meer inligting of om ’n donasie te maak.

Die DIMARTON sal regstreeks vanaf die rugbyklub uitgesaai word op die sosiale media platforms van die drie skole.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Katlego Tau

A skilled Social Media Manager and Digital Content Creator with over 9 years of experience, great at creating engaging content and driving online presence.

Related Articles

Back to top button