NewsSchools

Onnies het kinderlaggies gemis

Volgens Magda was dit aaklig om tydens die grendeltydperk by die skool te wees en te sien dat daar geen lewe op die speelgronde is nie.

Die personeel van Kewpie Kleuterskool en Nasorgsentrum is bly om hulle kleuters weer terug by die skool te hê.

Jan en Magda Niemand is saam met hulle seun, Neil, die eienaars en volgens hulle is dit so lekker om weer terug te wees en weer só normaal as moontlik te kan verkeer.

Volgens Magda was dit aaklig om tydens die grendeltydperk by die skool te wees en te sien dat daar geen lewe op die speelgronde is nie.

“Die skool was dood, daar was geen kinderlaggies of gespelery nie,” het sy vertel.

Die Niemands bestuur die skool al vir 15 jaar en volgens hulle het die pandemie dinge baie verander. “Dit was ’n baie senutergende tyd waar mens baie onseker was oor die toekoms van die skool, maar hier staan ons vandag met dankbare harte. Ons het dit gemaak.”

Jan en Magda het gesê dat die kinders baie vinnig aangepas het, hoewel die eerste twee weke uitdagend was.

“Kinders het bly vra wanneer hulle weer buite kan begin speel of wanneer kom BettyButton weer kuier en dit was in die begin baie moeilik vir hulle om te verstaan.”

Die egpaar is positief oor die skool se toekoms, want hulle het ’n goeie span onderwysers en uitstekende ouers wat agter hulle staan.

“Ek sien ons almal as een groot familie en saam sal ons deurdruk en nuwe dinge aanpak,” het Magda gesê.

Nuwe veiligheidsmaatreëls by die skool

• Onderwysers het almal Covid-19 opleiding ondergaan en is bewus van alles rakende die nuwe voorsorgmaatreëls.
• Geen ouers of besoekers word op die skoolgronde toegelaat.
• Geen kind word op die terrein toegelaat sonder ’n masker nie en hulle moet die maskers ten alle tye dra.
• Kinders se temperatuur word daagliks gemeet en op rekord gesit.
• Die skool het spesiale handontsmetingsmiddels wat hulle gebruik om die kinders se hande te ontsmet sonder om hulle velle te brand.
• Daar is ook ’n isolasiekamer waar diegene wie se koors hoog is kan wag totdat hulle ouers hulle kom haal.
• Onderwysers hou daagliks ’n Covid-19 sessie waar hulle die kleintjies leer van die siekte en kieme.
• Die skool se speelgoed word daagliks gewas en ontsmet.
• Kinders verdaag per klas om buite te gaan speel en na elke speelsessie word die hele speelgrond deur een van die skool se werkers gespyt met ’n ontsmettingsmiddel voordat die volgende klas kan uitgaan.
• Oral op die skoolterrein is daar plakkate van die skool se voorsorgmaatreëls en Covid-19 riglyne op.
• Elke kind sit by sy eie tafel in die klaskamers en daar is plakkers op die vloer wat vir die kinders aandui waar hulle moet sit.
• Die kinders maak ook nie meer van die skool se drinkbekers gebruik nie en dus is ouers gevra om bekers of bottels saam hulle kinders te stuur.
• Klaskamers en badkamers word meer gereeld skoongemaak en een keer per week word dit met ’n disinfectant fogger gespyt.

Dankbaar vir al die ondersteuning

“Ons wil net aan elke ouer en personeellid dankie sê vir al hulle ondersteuning die afgelope paar maande. Dankie vir die liefde en geduld. Saam gaan ons bo uitkom, maar vir nou probeer ons steeds so normaal as moontlik te verkeer,” het die Niemands gesê.

‘n Werker van Kewpie Kleuterskool en Nasorgsentrum besig om die speelgrond te ontsmet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Katlego Tau

A skilled Social Media Manager and Digital Content Creator with over 9 years of experience, great at creating engaging content and driving online presence.

Related Articles

Back to top button