GalleriesLocal newsNewsNews galleries

GALLERY: Nog ‘n suksesvolle kunsmark

Pouveer by Greyvillea Kunsmark weer 'n groot sukses.

Organiseerders van die Pouveer by Greyvillea Kunsmark het vanjaar vir inwoners hoop probeer skep met nog ‘n suksesvolle en fantasiese mark.

Die kunsmark word jaarliks by die Doxa Deo gemeente in Meyersdal gehou.

Volgens die organiseerders was dit hulle mikpunt vanjaar om pryse so laag as moontlik te hou juis oor die finansiƫle impak wat Covid-19 op almal gehad het.

Nes voorheen was daar iets van alles vir jonk en oud en niemand het by die mark weggestap sonder ‘n sakkie of twee vol oulike goedere.

Vanjaar was daar ook ‘n paar nuwe plaaslike besighede wat uitgestal het. Die organiseerders het almal wat die kunsmark ondersteun het, bedank.

‘n Stalletjie vir diegene wat dol is oor oorbelle.
Voor: Elri en Lizay Joubert.
Agter: Karin Joubert.
Voor: Mieke Lok.
Agter: Mariska en Marinette Lok.
Die Doxa Deo kerk was versier binne met almal se uitstallings.
Voor: Caley en Burgert Maree.
Agter: Akan en Ivy Sutton.
Chantell Lombard en Leana van Wyk.
Jason en Gerard van Heerden.
Inwoners kon ook van hulle Kersfees inkopies by die mark gedoen het.
Julia Leeson.
Daar was iets van alles te koop by die Pouveer by Greyvillea Kunsmark.
Winnie Kunene.
Meline en Miranda Ras.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button