Local newsNews

Alberton leerder verkies tot SA krieketspan

Nathan Steyn, ’n matriekleerder by Hoërskool Marais Viljoen High School, is verkies tot die o-19 Suid-Afrikaanse Krieketspan wat volgende maand in die Cricket South Africa (CSA) Drie-dag Provinsiale Beker en Provinsiale Een-dag Uitdaging gaan speel.

“Ek’s mal oor krieket,” het Nathan gesê. “Ek sal sewe dae ’n week krieket speel as ek kan.”

Hy het begin krieket speel op die ouderdom van agt. Hy het baie tyd saam sy pa in die tuin spandeer en hier het die passie en die talent begin groei.

Nathan se krieketheld is van kleins af sy vangenoot, Dale Steyn.

“Altyd as ek na hom gekyk het, het ek vir myself gesê ek wil soos hy wees.”

Dus het sy loopbaan as snelbouler begin. Hy presteer egter nie net as bouler nie, maar ook met die kolf in hand.

“Snaaks genoeg is ek mal oor ‘fielding’,” het hy gesê. “Dit is een van my gunsteling dele van krieket. Ek is ’n tipe speler was sê ‘jy gaan dit nie verby my kry nie’.”

Die proses om tot die SA-span gekies te word het rondom Augustus by ’n oefenkamp begin.

Uit die kamp was ’n span gekies wat aan die CSA Cubs Week in Stellenbosch deelgeneem het. Uit hierdie spelers is die SA o-19-span toe gekies.

“Dit voel nou nog so onrealisties soos toe dit toe was,” het Nathan gesê. “Ek kry hoendervlies as ek daaraan dink. Ek kon onthou ek het uit my stoel opgestaan en die volgende oomlik toe kry ek my hoed. Ek kan nie onthou wat tussen-in gebeur het nie. Dit is ’n gevoel wat ek vir enigiemand kan wens. Dit is die beste gevoel in die wêreld.”

Vir Nathan was die harde werk en oefen om te kom waar hy vandag in die nasionale span is meer as die moeite werd.

“Harde werk is iets wat jou baie ver in die lewe bring,” het hy gesê. “Dit vat baie opoffering. Maar op die einde van die dag as jou naam genoem word vir ’n span waarvoor jy gewerk het is enige opoffering die moeite werd.”

Nathan loop oor van opgewondenheid vir sy kans om teen eersteklas krieketspelers te speel.

“Dit gan moeilik wees, maar ek sien baie uit daarna.”

Om in Protea-kleure te kan speel is egter vir hom die belangrikste deel daarvan.

“Mens kan nie meer geseën wees as om die verantwoordelikheid te ontvang om vir jou land te baklei nie. Ek kan rêrig nie meer wag nie.”

Nathan Steyn volg in sy held, Dale Steyn, se voetspore deur Suid-Afrika te verteenwoordig. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button