Hoërskool Marais Viljoen High School bied hulle jaarlikse fondsinsamelingsgholfdag op 30 Maart by die Reading Country Club aan.
Nie net is daar ’n splinternuwe Toyota Aygo ter waarde van R188 000 te wen as jy ’n pothou slaan nie, maar ook lootjies, sowel as pryse vir die wenspan.
Individuele pryse vir mans sowel as vroue deelnemers, vir naaste aan die gaatjie, sowel as die langste hou, kan gewen word.
Van die grootste besighede in Alberton gaan op die dag verteenwoordig wees.
Die vier-balle is uitverkoop, maar daar is nog geleentheid om ’n gaatjie te borg en sodoende jou besigheid te bemark.
Die dag gaan gepaard met watergate op pad na die 18de putjie, ligte middagete, sowel as die prysuitdeling en informele dinee.
Vir meer inligting, kontak Karen by 082 559 3800 of info@maraisviljoen.co.za



