Local newsNews

Voortrekkers begin 2022 met soet waatlemoen

Die Voortrekkers het die jaar begin met speletjies en waatlemoen.

Die Suiderlig Voortrekkers het die jaar op ’n hoogtepunt begin met ’n waatlemoenfees op 17 Januarie.

Lede van die Voortrekkers, asook nuwe lede, het saamgekom by Learskool Orion om soos gewoonlik saam te sing voor hulle saam na die veld beweeg het vir speletjies en pret.

Die doel van die speletjie was om ‘n bordjie meel aan te gee sonder om te mors.

Die Voortrekkers het saam deelgeneem aan speletjies soos waterresies, morsige meel treintjies en slangetjies en leertjies waar jy self op die bord rondbeweeg.

Die doel van die speletjie was om ‘n bordjie meel aan te gee sonder om te mors.

Na al die pret verby was, het almal saam ’n skuif waatlemoen geniet en sodoende die jaar op ’n soet manier begin.

Die jaar was begin met ‘n soet skuif waatlemoen.

Vir meer inligting oor die Suiderlig Voortrekkers of om aan te sluit kan jy gerus Ilvy skakel by 082 419 0994 of Engelie by 082 332 7717.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button