NewsSchools

Juffrou Irma laat ’n groot leemte

Skool groet geliefde onnie.

Hoërskool Marais Viljoen High se personeel en leerders is gebroke na die afsterwe van geliefde onderwyser Irma Myburgh.
Sy was vir meer as 14 jaar deel van die skool se Engelse departement.
“Irma het in Julie 2020 op vroeë aftrede gegaan, maar soos die staatmaker wat sy was, het sy ingestem om uit te help tot Maart 2021,” het Adri Shaw, skakelbeampte, namens die skool gesê.
Irma het toe eers einde Mei 2021 die skool verlaat.
“Haar passie vir haar vak en haar leerders sal altyd deel van haar nalatenskap wees. Sy was nie net geliefd onder haar goeie vriende nie, maar baie van haar leerders sou getuig dat sy die ekstra myl gestap het, veral vir die moeilikstes.”
Sy sal altyd onthou word vir haar puik administrasie, omgee vir haar medemens en liefde vir haar familie.
“Innige simpatie aan haar seun Armand en die res van haar familie en almal wat vir haar lief was. Rus in vrede Irma.”
Irma se diens was op 4 Februarie.

Boodskappe wat op sosiale media vir Irma gelos is:
• Lena Benade: “So ’n pragtige vrou wat altyd gelag het. Ek voel so jammer vir haar seun.”
• Henriette van Staden: “Ons gaan jou baie mis, liefste vriendin. Aan Armand en die familie, baie sterkte!”
• Elmarie Brits: “Innige simpatie. Nog ’n 1977 matriekvriendin het verhuis.”
• Marinda Terblanche: “Rus in vrede. Dis so hartseer. Innige simpatie aan haar seun en familie.”
• Vera Oberholzer: “Ai, dis hartseer nuus. Innige meegevoel aan haar familie en vriende.”
• Elize Brandt: “Innige simpatie. Dit is so hartseer.”
• Janice Williamson van Coller: “Innige simpatie aan Armand en familie. Irma, jy was ’n ware raakvatter. Baie hartseer.”
• Nayab Taha: “Rest in peace. She was an amazing human being, an amazing teacher and an amazing mentor who always motivated me and gave the best advice. It saddened my heart hearing about this. All the lessons she taught me will be with me always. Death cannot take away a person, so she will always remain alive in our hearts. All my condolences to the family and friends.”
• Clarisse van Graan: “Ah! Ek kan nie dit glo nie. My hart is nou baie seer.”
• Daniella Nobre: “Rest in peace, ma’am.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button