Local newsNews

Nico Booijse kuier by Emmanuel

Nico Booijse is weer op sy pos by die Emmanuel byeenkoms.

Dit was ‘n groot voorreg vir die Emmanuel groep om weer deur Nico Booijse getrakteer te word tydens hul maandelikse byeenkoms wat op 19 Mei plaasgevind het.

Booijse het weer harte blygemaak, trane laat rol en lagspiere geprikkel.

Daar het ‘n heerlike atmosfeer onder die lede geheers en so tussendeur was daar grappe gemaak en vrolik gelag.
Almal se oë het geglinster toe hy liedere vanuit die verlede gesing het. Hy het ook gejodel en die gehoor probeer aanmoedig om saam met hom te jodel.

Booijse, wie ook ‘n ere veldwagter in die Nasionale Kruger Wildtuin is, het die vergadering met ‘n gospel lied afgesluit.

“Dankie aan almal wat vrywillige bydrae gemaak het. Hierdie bydrae word gebruik om die kunstenaar te vergoed. Emmanuel is ‘n interkerklike beweging waar almal welkom is,” het Hanta Schutte gesê.
Die volgende byeenkoms sal op 23 Junie om 09:30 by die LewenSentrum plaasvind waar Manie Jackson lede gaan vermaak.

Toegang is gratis en daar word net vereis dat gaste hulle eie verversings saambring.

Vir meer besonderhede skakel Marelie Rabie by 082 462 8676.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button