Local newsNews

Voortrekkers trek vir begraafplaas n nuwe baadjie aan

Die Turffontein-konsentrasiekamp begraafplaas was vir n geruime tyd toe vir die publiek en dit het veroorsaak dat die begraafplaas agter uitgaan.

‘n Groep vrywilligers van die Voortrekkers en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het op 28 Mei hulle moue opgerol en deelgeneem aan die opruiming van die Turffontein-Konsentrasiekamp begraafplaas in Mondeor.

In die begraafplaas staan ‘n klein with grafsteen wat lees “Francois Johannes Bekker. Gebore 12 Februarie 1901.

Oorlede 17 Desember 1901”. Hierdie grafsteen is nie net die verhaal van klein Francois maar die storie vanduisende ander kinders en vrouens wat tydens die Anglo-Boere oorlog in Britse Konsentrasiekampe gesterf het.

Die begraafplaas terrein is al vir ‘n geruime tyd ontoeganglik vir die publiek en dit het veroorsaak dat die toestand van die terrein drasties agteruit gaan.

Suiderlig Voortrekkerkommando, tesame met die Org Meyer en Kompas Veldkornetskappe en die FAK, het daarom besluit om hande te vat en die terrein weer op te knap.

Gerhard Gericke, oordleier van die Oosvaal-Voortrekkers, het gesê: “Dit is vir my ’n riem onder die hart om te sien hoeveel mense nog saam staan om hul erfenis te beskerm.

Grant en Brian Butler help met die skoonmaak van die Turffontein-konsentrasiekamp begraafplaas. Foto: Verskaf.

“Dit was verblydend om te sien dat mense wat nie noodwendig ’n verbintenis met die Voortrekkers of die FAK het nie, hul hande opsteek en sê ‘kom ons help want dit is ons erfenis’.

“Ons besef daar is ten minste nog vier Saterdae se werk wat voorlê voor die terrein weer in ’n goeie toestand gaan wees en daarom is daar reeds planne in plek daarvoor.”

Buiten vir diegene wat skoon gemaak het, was daar ook ’n groep radio-amateurs teenwoordig wat op dié dag teenwoordig was om saam met Heritage On The Air die geleentheid uit te saai en die boodskap van hoop en vooruitgang wyd en syd te versprei.

Hendri van der Loo, kommandoleier van Unika Voortrekkerkommando, was ook saam met sy Verkenners verteenwoordig om as deel van hul Erfenis-spesialisasie te leer wat die waarde is van kultuur- en erfenisbewaring.

In die proses het hulle ook hulde gebring aan die afgestorwenes deur die plek waar hul ter ruste gelê is weer op te knap.

Van der Loo, wat ’n kenner van dié area en geskiedenis is, het vertel dat die destydse konsentrasiekamp op die ou Turffontein-perderenbaan gestaan het.

Alexander Budnik help om die begraafplaas skoon te maak. Foto: Verskaf.

Vroue en kinders moes dus bykans ses kilometer ver loop om hul geliefdes ter ruste te lê.

“Mens kan jou nie eers probeer indink in watter haglike omstandighede die mense moes bly in die konsentrasiekampe nie, en om die kroon te span, het hulle daagliks gesien hoe geliefdes, oud en jonk, voor hul oë weggekwyn en gesterf het.

“Dit is daarom baie belangrik dat ons hierdie mense nie net onthou nie, maar hulle ook die eer gee wat hulle toekom,” het van der Loo tydens die geleentheid gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button