Local newsNews

Org Meyer Voortrekkers hou wit olifant veiling

Die doel van die veiling was as fondsinsameling vir die Org Meyer veldkornetskap wat onlangs afgestig het van die Suiderlig Voortrekkerkommando.

Die Org Meyer Veldkornetskap het op 11 Junie ‘n wit olifant veiling by Afsaal in Alberton gehou.

Die doelwit was vir mense om ontslae te raak van daardie goed wat net rondstaan en plek opneem.

Daar was verskeie stalletjies soos rugby memorabilia, kinder speelgoed en ou meubels op die dag beskikbaar asook ietsie te drinke om die dors te les en burgers vir die wat honger was.

Al die items wat op veiling was tydens die dag. Sekere items het ‘n reserwe prys op gehad maar die res kon ‘n mens ‘n aanbod op maak.

Al die fondse wat op die dag ingesamel is word gebruik deur die Org Meyer Veldkornetskap wat onlangs afgestig het van die Suiderlig Voortrekkerkommando.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button