Local newsNews

Avbob kuier by Brackenhurst VLU-tak

Avbob verteenwoordigers beantwoord VLU-lede se vrae.

Lede en gaste van die Brackenhurst VLU-tak het onlangs by die NG Brackenhurst Kerk bymekaar gekom vir hulle maandelikse vergadering.

Lede van Avbob het lede toegespreek oor akwamasie en oor hoe belangrik dit is om ‘n lewenslêer gereed te hê.

Olcker Jordaan en Phillip Kotze.

Anne-Marie du Plooy het Johan Dias en Anneke Liebenberg aan lede voorgestel en verwelkom. Johan het gesels oor akwamasie en alles wat daarmee saam gaan terwyl Anneke weer oor die belangrikheid van ‘n lewenslêer gesels het.

Anneke Liebenberg praat oor die belangrikheid van ‘n lewenslêer.

Lede kon ook hulle vrae oor Avbob aan Johan en Anneke rig. Elke lid en gas het ook ‘n Avbob-lewenslêer ontvang wat vir hulle ‘n handleiding is van wat benodig word en wat in plek moet wees vir die dag as jy sterf.

Johan Dias van Avbob het lede ingelig oor akwamasie.

Daarna het die manlike sanggroep, Puro Trio, lede met hulle mooi musiek en stemme vermaak. Olcker Jordaan en Phillip Kotze het bekende treffers vir lede gesing. Werner Fourie van die trio kon die byeenkoms nie bywoon nie.
Die oggend was met ’n smaaklike eet- en drinkgoed afgesluit.

Olcker Jordaan en Phillip Kotze besig om bekende treffers te sing.

Lede vergader weer op 7 September om 09:30 by die NG Brackenhurst Kerk. Vir meer inligting hieroor, of om by die VLU Brackenhurst-tak aan te sluit, kontak gerus vir Hannetjie Nolte by 072 205 0194.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button