Local newsNews

Ouma Lettie sal in almal se harte voortleef

Ouma Lettie het finaal gegroet op 1 September.

Familie en vriende van die vriendelike en liefdevolle Aletta Maria Adriana Wilken (néé Upton), beter bekend as ouma Lettie, het op 1 September afskeid van haar geneem.

Sy is op 21 Augustus oorlede en is op 1 September vanuit die Doxa Deo Gemeente begrawe.

Die Alberton Rekord het in 2021 en 2022 oor ouma Lettie se 99ste en 100ste verjaarsdae berig gelewer. Sy was sedert 1 Oktober 2021 by Queenshaven Aftree-Oord woonagtig. Ouma Lettie was baie geliefd en sy het ‘n verskil in baie mense se lewens gemaak.

Orals waar sy was, was daar oneindige liefde.

Sy laat haar vyf kinders, 14 kleinkinders en 24 agterkleinkinders agter.

Haar familie bedank AVBOB vir die reël van haar pragtigte begrafnis.

“Ons bedank ook al die vriende en familie wat van heinde en ver gekom om hul laaste huldeblyk aan ouma Lettie te betoon,” het familielede gese.

Die familie wil graag almal bedank vir hulle liefde en omgee, boodskappe, besoeke en blomme.

“Sy was voorwaar ’n Spreuke 31-vrou en dit sal moeilik wees om iemand te vergeet wat jou soveel gegee het,” het haar seun, Johan Wilken, namens die familie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button