Local newsNews

Kom sing en kuier saam

Vir meer inligting, kontak 079 693 3670 of 011 869 0001.

Alberton Mannekoor en Dameskoor nooi inwoners uit na ‘n saamsing geleentheid op 30 Oktober tydens die Hervorming Sondag waar Christene uit verskillende kerke kan saamkom om die Here te prys.

In die styl van die Nederlandse TV reeks Nederland Zingt is hierdie ‘n pragtige geleentheid om te Here te loof in Alberton.

Die saamsing vind plaas om 15:00 by die NG Kerk Alberton-Wes.

Kom geniet die samesang, begelei deur Frieda Jordaan op die pragtige pyporrel saam met Paul Potgieter en Piet Klut (dwarsfluit) en koorsang deur Alberton se bekende Mannekoor en Dameskoor.

Toegang is gratis en daar sal by die deure ‘n kollekte vir Bybelverspreiding opgeneem word.

Verversings sal te koop wees na afloop van die funksie.

Skakel 079 693 3670 of 011 869 0001 vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button