Local news

Lede leer meer oor wynsoorte

Vir meer inligting oor die Brackenhurst VLU-tak, kontak Hannetjie Nolte, skakelbeampte, op 072 205 0194.

Brackenhurst se Vroue Landbou-Unie (VLU) -tak het onlangs hulle maandelikse vergadering gehou en dit was ook die eerste vergadering vir die nuwe jaar.

Voorsitter Brenda van Zyl het al die lede terug verwelkom en almal was regtig bly om mekaar te sien.
Die tema vir die vergadering was wynproe, prestasie en pronk.

Die hoogtepunt van die oggend was toe Barbara Bouwer die lede meer oor wyn geleer het.

Sy het sewe verskillende soorte wyne voorgesit met ‘n verskillende peuselhappie wat in harmonie saam met die wyn gegaan het.

VLU-vroue deel in die wynproe sessie. Op die foto is Elize Smook, Marianne Ehlers, Barbara Steenkamp en Rosa van der Spuy.

“Dit was so lekker om te proe wat saam die verskillende wynsoorte werk en hoe dit die smaak nog beter kan maak,” het Hannetjie Nolte, skakelbeampte, vertel.

Lede het ook oor die nuwe jaar en die jaarprogram gesels.

Vanjaar se tema is herontwerp. Om fondse vir die tak in te samel het die vroue ook nou ‘n witolifantstafel genaamd, Vlytige Vingers, wat by die NG Brackenhurst Kerk is.

Barbara Bouwer (wynkenner) het haar wynkennis met die lede gedeel.

“Almal is welkom om ons te ondersteun of selfs ‘n skenking te maak.”

Na afloop van die vergadering het die vroue heerlik saam gekuier.

“Ons boodskap wat ons wil uitdra die jaar is dat ons nie op ons ou paadjies moet stagneer nie, ons moet vernuwing en uitdagings aanvaar sodat ons ‘n betenisvolle lewe kan lei,” het Hannetjie gesê.

Vir meer inligting oor die Brackenhurst VLU-tak, kontak Hannetjie Nolte, skakelbeampte, op 072 205 0194.

Brenda van Zyl (voorsitter) en Mara Scholtz.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button