Local news

Oortollige items kan ‘n student help

Die wenskool sal aan die einde van die kompetisie R10 000 ryker wees.

Solidariteit Helpende Hand hou tans ‘n skolekomepetisie waarby lede ongewenste goedere insamel en verkoop om fondse in te samel.

Dit vorm deel van hulle gemeenskapsontwikkelingprojekte en dit maak dit moontlik om vir behoeftige studente ‘n rentevrye studielening te bied.

Daar is ‘n R10 000 prys vir die Oos-Randse skool wat die meeste skenkings inbring, R10 000 vir die skool met die meeste nuwe ondersteuners aanteken teen ‘n maandelikse minimum bedrag van R50, en dan dieselfde vir die onderwysers by dieselfde skool met R5000 prysgeld.

Leerders word gevra om ou klere, skoene, speelgoed, skryfbehoeftes, sporttoebehore of enigiets anders wat by hul huise oorbodig is, na hul skole te neem.

Skenkings kan ook by Ons Winkel Alberton-Noord, wat by 7 Hendrik Potgieterstraat geleë is, gaan aflaai in plaas daarvan om dit na ’n skool te neem. Die kompetisie sluit aan die einde van Julie.

Vir meer inligting, skakel Patricia Meyer, voorsitter, by 083 305 3577.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button