Local news

Matt Stern kuier by Emmanuel-groep

Emmanuel-groep bied 'n opwindende oggendgeleentheid aan met Matt Stern as die gaskunstenaar en geborg deur Avbob Begrafnisdienste.

Emmanuel-groep kuier al 19 jaar saam en elke maand is daar ‘n ander tema en gaskunstenaar wat die bejaardes terdeë geniet.

Die bejaardes van Alberton het uitgekom om ‘n oggend van kuier, sang, eet en dans by die Alberton LewenSentrum te geniet. En dit was beslis ‘n opwindende dag vir die Emmanuel-groep.

Hulle het ‘n dag gevul met wonderlike musiek deur Matt Stern geniet. Hierdie maand se tema was demin en diamante en die groep het behoorlik uitgehang.

Emmanuel-groep is dankbaar vir Avbob Begrafnisdienste vir die borg van die geleentheid. Almal wat die geleentheid bygewoon het, het aan die sang en dans deelgeneem.

Bejaardes luister na Matt Stern.
Almal klap hande en sing saam met Matt Stern.
Matt Stern teken ‘n CD vir Doelie Jacobs.
Marelie Rabie en Pastoor Retief Booysen.
Magda en Hans van der Nest.
Matt Stern en Connie Seekoei.
Matt Stern die gaskunstenaar sing vir die gaste.
Ansie van Dyk, Matt Stern, Julie Roos, Rika Grobler en Annatjie Germishuizer het pryse ontvang vir besgeklede Demin en Diamonds tema.
Rika Grobler en Julie Roos.
Anneke Liebenberg van Avbob.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button