Local news

Tom en Hantie Dreyer – totsiens maar nie waarwel

Tom en Hantie Dreyer het in 1971 vanaf Bloemfontein na Alberton as jong ouers van hul kinders, Jannie toe twee jaar oud en sy sussie Corlia vyf, verhuis.

Vir die Dreyers is daar meer as 50 jaar op verskeie terreine in Alberton waar hulle diep spore in die gemeenskap getrap het.

Hulle was lidmate van die Nederduits Hervormde Kerk Alberton vir meer as 50 jaar en het as ouderlinge in die kerkraad gedien.

Tom het verskeie kommisssies in die gemeente en algemene kerkvergadering gedien.

Hantie het vir 50 jaar op die bestuur van die sustersvereniging gedien en was vir baie jare vise-voorsitter.

Hulle was ook betrokke by Laerskool President Steyn en Hoërskool Alberton waar Jannie en Corlia hul skoolopleiding gekry het. Hantie het vir vele jare as onderwyser by skole in Alberton afgelos, veral by Hoërskool Alberton. Tom, nou afgetree vir 25 jaar, was hoofbestuurder by Nedbank se hoofkantoor in Johannesburg.

Hantie was ook lik van die Vroue Landbou-Unie (VLU) Sonskyn-tak en het haar 50 jaar knopie as lid van die VLU ontvang. Sy was ook op die bestuur van die Alberton Damesklub as voorsitter en was lid tot op hede.

Bracken Blommeklub was haar baie na aan die hart en sy was meer as 14 jaar lid van die blommedames.

Die Dreyers verhuis na Ruimtesig Aftree-oord in Faerie Glen, Pretoria.

Jannie en Wanda bly in Alberton agter maar gelukkig vir die Dreyers woon Corlia en Klaas in Pretoria. Hulle sien dit beslis as ‘n pluspunt om naby hul dogter en haar gesin te kan wees.

Tom en Hantie sê totsiens vir al die Reading gholfers waar Tom nog tot en met nou, op die ouderdom van 85, saamgespeel het.

“Nooit sal ons Alberton vergeet nie,” het die Dreyers gesé.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button