Die Vroue Landbou Unie (VLU) tak in Brackenhurst het op 7 Februarie vir ‘n prettige en gesellige vergadering byeengekom.
Een van die hoogtepunte van die dag was die versierde kolwyntjies kompetisie, waar Elize Smook haar talent uitgestal het. Sy het almal stom gelaat met haar kolwyntjies, versier met pienk rose en blomme.
“Die feit dat Elize slegs eenmaal in haar jonger jare suikerkunsklasse bygewoon het, en sulke wonderlike skeppings kan voortbring, getuig van haar ongelooflike talent en geseënde hande,” het Hannetjie Nolte, skakelbeampte gesê.
Verjaarsdae-lede is ook tydens die vergadering gelukgewens.
VLU Brackenhurst nooi alle belangstellende vroue uit om een keer per maand saam te kom kuier en deel te neem aan ‘n oggend van geselligheid en saamwees.
Vir meer inligting, skakel Hannetjie by 072 205 0194.




