Brandpunt Fotoklub se Februarie wenners
Peter Thomas en Jan Roos as wenners van Februarie aangewys.
Brandpunt Fotoklub het onlangs hulle Februarie wenners aangekondig en Jan Roos het met die junior wenfoto weggestap en Peter Thomas met die senior wenfoto.
Jan se foto Half Collard Kingfisher with Dinner het die beoordeelaars se harte gesteel terwyl Peter se foto genaamd, Madison, bo al die ander uitgestaan het.

Of jy nou Brandpuntfotoklub of Brandpunt Fotoklub skryf, dié is ‘n klub vir fotografie-entoesiaste in Alberton en omgewing. Lede beskryf hulself as‘n jolige groep mense met ‘n passie vir fotografie. Of jy dit doen as ‘n stokperdjie, en of jy al ‘n gesoute fotograaf is, hulle bied iets vir almal.
Vir nuus oor Brandpunt Fotoklub, besoek hul webwerf.



