Local news

Nuwe waarnemende hoof by Laerskool President Steyn

Die Laerskool President Steyn verwelkom André McMaster as hul nuwe waarnemende hoof en sien uit na die positiewe impak wat hy op die skool sal maak.

André McMaster, ‘n ervare man in die onderwys sedert 1985, neem die stuur as die nuwe waarnemende hoof by Laerskool President Steyn.

Sy reis in die onderwys het hom deur verskeie skole gelei, beginnende by Glenview Primary in 1988, gevolg deur Laerskool Randhart tot 1993, en later Laerskool Willem Crywagen.

In 1995 het hy sy tuis gevind by Laerskool President Steyn.

Die Alberton Record het by hom gaan inloer om meer uit te vind.

Skoolhou of niks

As ‘n toegewyde onderwyser, bied André sosiale wetenskappe, geskiedenis en aardrykskunde aan Graad Sewe leerders.

Hy rig ook rugby en krieket af en onthou met trots die jaar toe hy vyf Goue Leeus rugbyspelers in die A-span by die Cravenweek gehad het.

Op alle terreine is daar vele hoogtepunt wat hy sal onthou van sy jare as ‘n onderwyser. Vir hom is die werk as ‘n onderwyser ‘n roeping. Hy glo daarin om ‘n verskil in ander se lewens te maak en geniet dit om met kinders te werk en hulle gelukkig te sien.

Skoolhou is alles vir hom en hy sien himself niks anders doen nie. Vir hom is elke dag ‘n uitdaging, maar hy sien dit meer as geleenthede en kanse.

Vanaf 1 Januarie tot 30 Junie vervul hy die rol van waarnemende hoof totdat ‘n permanente aanstelling gemaak word. Sy doel is om die skool as ‘n eenheid vorentoe te beweeg en leerders toe te rus om ‘n positiewe verskil in die samelewing te maak.

André het gese dat dit sy plan is om ‘n trotse, gelukkige en gedisiplineerde kinderkorps aan die nuwe te oorhandig sodat hy of sy dadelik deel van die Steyne-familie kan voel.

Die man agter die posisie

Buite die skool is André ‘n liefdevolle lewensmaat vir Rina Sales vir die afgelope 10 jaar. Hy het drie kinders en vyf kleinkinders waar die jongste 15 maande oud is en die oudste 16 jaar oud is.

Hy geniet tyd in sy groentetuin, waar hy trots is op sy mielies, pampoen en bone. Sport op TV is ‘n ander gunsteling tydverdryf en hou daarvan om oud leerders op die sportvelde in aksie te sien by hulle nuwe skole.

Sy pa, Joseph William McMaster, oftewel Oupa Mac, sy grootste inspirasie. Alhoewel sy pa nie meer fisies by hom is nie, bly hy sy ewige mentor en bron van wysheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button