Solidariteit Helpende Hand gaan ook skool toe
Met die hulp van skenkings en die gemeenskapsondersteuning kan die leerders die onderwys kry wat hulle verdien.
Met die begin van die 2025 skooljaar het Helpende Hand reeds in Desember vragte skooltassies gekry wat by skole afgelewer is vir Graad Een leerders.
Die tassies is ten volle gelaai met al die skryfbehoeftes wat vir die aanvang van die jaar benodig word.
Dié tassie self is van hoë kwaliteit en kan vir minstens drie jaar hou.

Alberton-tak self het soveel as 126 tassies by verskeie skole versprei. Skole moes aansoek doen vir hierdie hulp sodat daar behoorlik beplan kon word en om te verseker dat tassies nie lukraak versprei word nie.
“Ons het verder ook skoolkinders bygestaan met skoolklere met die hulp van donasies uit die Alberton gemeenskap. Weereens ‘n bewys dat wat een nie het nie en met wat ‘n ander het, kan daar beplan en en hulp verleen word,” sê Johan Olivier van Solidariteit Helpende Hand.

Hulle kon ‘n enkel ma help om drie jong boeties finaal met klere skoolgereed te kry deur donasies van die breër gemeenskap.
‘n Tweeling boeties is ten volle gehelp met skooltruie, skoolskoene en kouse, en skryfbehoeftes en hul boetie is gehelp met skoolskoene, kouse en skyfbehoeftes – alles befonds deur donasies uit die gemeenskap en geregistreer op Helpende Hand se projekplanne vir hul hoofkantoor kontrole.
Indien lede van die gemeenskap meer te wete wil kom oor Solidariteit Helpende Hand skakel Johan Olivier op 083 457 8009 of Ronelle Brand (voorsitter) 064 085 0948 (of WhatsApp ‘n vraag).





